
Gedurende 2018 dreig Eskom om die Kai !Garib-munisipaliteit aan doelbewuste kragonderbrekings te onderwerp omdat die plaaslike owerheid nie sy grootmaat-elektrisiteitsaankope betaal nie. In hierdie tyd gaan Suid-Afrika gebuk onder kwaai kragonderbrekings omdat Eskom se opwekkingskapasiteit tydens die administrasie van President Jacob Zuma uitgehol is – soos bewys deur die Zondo-kommissie.
Landbou-ondernemings en ander besighede in Kakamas besef dat meer kragonderbrekings die produktiwiteitsbasis van die dorp se ekonomie verder sal wegvreet. Nie net sou dit die voortbestaan van Kakamas se besighede bederig of belemmer nie, maar verdere werkskepping was ook in gedrang.
Die Kakamas Belangegroep word gedurende November 2018 tydens ’n vergadering in die Kakamas Landbouverenigingsaal as ’n vereniging in die lewe geroep.

Die oogmerke van die vereniging sluit in:
Kopiereg © 2025 Kakamas Belangegroep - Alle regte voorbehou.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.